Tuesday 7 May 2013

Oop deur

Weereens, die afgelope maande het ek ervaar hoe dit die Here is wat deure oopmaak en ander weer toe maak.  Net na my terugkeer na SA in Julie 2011 was ek baie bewus van die nood in Helenvale en het ek ervaar dat daar vir my 'n roeping van die Here daar is.  Tog het die Here vir die afgelope amper twee jaar aanhoudend ander deure oopgemaak vir my om in te beweeg.  Tot nou toe.

Die Acvv Poplarlaan se area strek tot by Helenvale en daar is kinders ook daar wat lees en basiese wiskunde probleme het.  Dit sou finansieel baie kos om hierdie kinders met hulle versorgers met taxi's daarheen te vervoer.  Dus het ek voorgestel dat ek daarheen gaan.  Om 'n lang storie kort te maak: Ek het Ds. Hendry Tromp van die VGK Gelvandale genader of ons hulle kerkgebou kon gebruik en hy en sy kerkraad het met entoesiasme daartoe ingestem.  Hy het my egter uitgedaag dat onderrig en voeding saamgaan.  Dus moet ek nou weekliks 4 brode se toebroodjies en koeldrank se fondse of skenkings bybring.  Enige donasie hiervoor sal baie waardeer word.

Die vrywilliger wat ek glo deur die Here gestuur is net op die regte tyd, is 'n meisie met baie potensiaal, self ook van die Noordelike Areas.  Ek onderneem in die geloof om haar en 'n vriendin, wat die kinders sal verwelkom, voed en inspireer se vervoer onkostes te betaal.

Dit is dus met opgewonde verwagting dat ek hierdie nuwe oop deur betree.  Indien iemand betrokke wil raak, kan hulle my by sophakama2012@gmail.com kontak.

Seen,

Evelyn

No comments:

Post a Comment